GOEDKOOP ingevoerde hoendervleis uit Europa is nie ’n liefdesdaad nie, dit is oorlog teen Suid-Afrikaanse produsente, skryf Mike Schüssler, ekonoom by economists.co.za. Met die Europese Unie (EU) wat deur sy algemene landboubeleid miljarde in subsidies aan boere gee, word die reëls van vraag en aanbod geïgnoreer. Die surplusvoorraad word vernietig of in ontwikkelende lande gestort.
Die prys van hoendervleis in Europa is oor die algemeen duurder per kilogram as in Suid-Afrika. Die jongste gemiddelde prys vir hoendervleis in Suid-Afrika is R23,50/kg, en in die EU was die gemiddelde randprys R35/kg (wat wissel van R20,70/kg in Pole tot R54,80/kg in Duitsland).
Vervoerkoste moet in berekening gebring word. Die verskepingskoste van Rotterdam na Durban alleenlik is R1,61/kg. Dit sluit oorlandvervoer, doeaneregte en gesondheidsinspeksies en -sertifikate uit. Die laagste prys vir ’n bevrore…