SUID-AFRIKA SPOG MET SY DRUIWE
Chinese aankopers bewonder Suid-Afrikaanse tafeldruiwe tydens ’n promosieveldtog by China se grootste vrugtemark, die Jiangnonghui-groothandelvrugtemark in Guangzhou. Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati) wil met dié veldtog die bedryf en Suid-Afrika se beeld in China uitbou. Sati pak dit aan saam met Goodfarmer, ’n Chinese invoerder en verspreider van vars vrugte. Suid-Afrikaanse Crimson Seedless-, Sweet Globe-, Sweet Sapphire- en Sweet Joy-tafeldruiwe, van die invoerders Rui Ocean en Berda Fruit, is as deel van die veldtog beskikbaar. “Sati is opgewonde oor sy eerste markontwikkelingsveldtog in China,” sê mnr. Willem Bestbier, uitvoerende hoof. “Die veldtog bring Suid-Afrikaanse kwekers en uitvoerders, en Chinese invoerders, groothandelmarkte en kleinhandelaars by mekaar.” Die geleentheid is ook die simboliese begin van die Suid-Afrikaanse 2021-tafeldruifseisoen in dié land.
TALLE VOËLVREKTES
Die Oos-Kaapse staatsveearts stel ondersoek…