BLOUGROENALGE in waterbronne kan vir boere groot skade veroorsaak weens veeverliese en verstopte besproeiingstelsels, maar ’n produk wat in Israel ontwikkel is, bied nou hoop om dit te bekamp.
Die alge in die Roodeplaatdam buite Pretoria het verlede jaar aansienlik verminder nadat Lake Guard™› toegedien is. Nou word ’n dam by Mahikeng, Noordwes, ook daarmee behandel.
Die Setumodam, wat deur Sedibeng Water bestuur word, is vol sianobakterieë, ook bekend as blougroenalge, wat kenmerkende blougroen lyne maak aan die kante van damme.
Die dam lewer water, insluitend drinkwater, aan sowat 500 000 mense, maar dit is erg besoedel. Gebruikers van die dam hoop dat die middel, wat sedert 12 Maart toegedien word, die watergehalte sal verbeter.
PROBLEEM WÊRELDWYD
In 2015 is in ’n studie in die vaktydskrif Scielo South Africa bevind…