SEDERT pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging in 2020 dat spooroperateurs van die private sektor toegang tot Transnet se spoornetwerk sal kry, was daar heelwat vordering, sê mnr. James Holley, uitvoerende hoof van Traxtion, ’n private spoorvragmaatskappy met bedrywighede in talle Afrikalande, en voorsitter van die Africa Rail Industry Association (Aria).
Transnet beoog om die pryse wat private operateurs vir toegang sal betaal, teen einde Maart te voltooi, en ’n gidsprojek vir derdeparty-toegang word teen einde 2022 in die vooruitsig gestel. Volgens Aria beoog Transnet dié gidsprojek vir die vraghouerkorridor tussen Durban en Johannesburg.
Holley meen die Transnet-netwerk, wat stedelike pendelroetes uitsluit, is erg onderbenut, en kan met derdeparty-toegang reuse-inkomste vir Transnet inbring. Private treine kan betreklik vinnig op die Transnet-netwerk begin loop. Om grootskaalse private vragvervoer op die netwerk te…