DIE gemiddelde Suid-Afrikaner eet minder in die winter omdat hulle meer op verhitting bestee, wat verklaar hoekom die aandeelpryse van voedselprodusente swak vaar.
Met die naderende winter staar buitensporige insetkoste voedselmaatskappye soos Libstar, Tiger Brands, Rhodes Food Group en Astral in die gesig. Die prys van mielies, plantolie, elektrisiteit, brandstof en verpakkingsmateriaal het skerp gestyg. As kosverskaffers hul pryse opstoot, koop verbruikers egter minder.
Dit is dus geen verrassing dat die voedselprodusente-indeks, wat die belangrikste genoteerde maatskappye verteenwoordig, sedert die begin van 2022 met 10,64% verswak het nie nadat die indeks in 2021 met 3,38% gedaal het. Die JSE se algehele indeks het met 24% gestyg.
Kleinhandelaars aanvaar nie maklik prysstygings van verskaffers nie, wat verklaar hoekom Pick n Pay in die ses maande tot Augustus ’n gemiddelde winkelprysstyging van…