DOOIERUS Kyk, ek is nou wel nie ’n opgeleide sangoma nie, maar gisteraand het ek ’n slag weer die bene gegooi. Sommer ’n paar varkribbeentjies, oor my skouer, toe ek daar by die vuur sit. Ek doen dit soms wanneer ek in die veld kamp, dan verbeel ek my hoe dankbaar een of ander diertjie gaan wees vir dié gelukkie, selfs al is dit nie kosher of halaal nie.
Maar vanoggend, toe ek uit my tent kruip om die nag se toordruppels agter ’n bos te gaan sprinkel, lê die beentjies nog steeds daar. Niks weggedra nie, geen muishond- of kat- of jakkalsspoortjies nie, net vol miere.
So staan en kyk ek hulle toe, want niks in die lewe is toeval nie, het ek al gelees. In alle dinge is…
