ONDER DIE KAMEELDORING | UNDER THE CAMEL THORN As daar nou een ding is wat vir my belangrik is in die jagveld, is dit lekker kos. Nie daardie tipe wat jy in “fensie” restaurante kry nie, selfs nie eens ons kossubredakteur Karla se vindingryke disse nie, alhoewel jy baie daarvan sommer in die jagkamp kan maak. Nee, vir my is dit die disse wat met die jagter praat, wat praat met die siel as jou lyf skraal raak ná al die dag se dinge. Veldkos, bederfkos, cholesterollekkernye en bederfies weg van mamma se oog... Iets anders as wat jy by die huis sou eet.
My grootste gunsteling sal altyd springboklewer bly, maar nie sommer enige springbok op enige plek nie – dit moet in die Kalahari wees, daar moet vuur…
