So is dit mos nou mode om ’n sin te begin met “so...”. Veral in Engels. Dit gril egter die pedantiese skrywer in my só dat ek voel ek kan ’n adder in die oog spoeg. So? So wat?!
“So” dui tog op ’n gevolg. “Dit het gereën, so die veld was nat,” maak sin. “So dit het gereën, so die veld was nat,” maak nié. Maar dis hoe mense nou praat, want selfs taal het ook sy modes. Sekere maniere van sê ontstaan mos, en dan raak dit later onbewuste “vullers” in ’n gesprek, al is die spesifieke woord of woorde meestal nutteloos.
Soos daardie “effen effs” wat ewig en oral deur party mense ingegooi word, bloot uit gewoonte, selfs wanneer hulle nie eens ergerlik is oor iets nie.…
