REDAKSIONEEL Die jag- en skietwêreld is vol unieke persoonlikhede. Dis nie moeilik om by enige samekoms, hetsy ’n tak-skietdag, kompetisie of enige ander dergelike aktiwiteit, sommer vinnig ’n dosyn of meer uiteenlopende opinies oor ’n sekere geweer, kaliber of teleskoop te verkry nie. Dit maak alles deel uit van hoe kleurvol die jag- en skietwêreld kán wees, ongeag in watter land jy jou bevind.
Tydens ’n onlangse skietkompetisie in die Noordelike Gebied van Australië waar ek SA Jagters moes gaan verteenwoordig en ook toevallig die enigste Suid-Afrikaner was, het ek opnuut besef dat jagters en skieters eintlik maar baie dieselfde is, maak nie saak waar ons ons voete op die rooigrond het nie. Voor, ty-dens en ná die skietkompetisie was opinies en selfs ligte meningsverskille vrylik beskikbaar, maar ná afloop…
