JAGSTORIE Pretoria was nuut en anders en ek is kerk toe – agnosties en soekend na vrede, geselskap en bemoediging. Ek kan nie die predikant se naam of preek onthou nie, maar het gereken iets in hom verlang na die Kalahari se eindelose horison, kameeldoringboom en sand, na die een-same, vreedsame vlaktes, soos die boere sing, want hy het gepraat van die Molopo en die beste skaapvleis in die land. Dalk selfs beter as Karoolam, het hy gereken. Stadig oor die klippe, het ek gedink. In Pretoria het Karoolam dalk kompetisie, maar moet dit nie aan die moedergemeentes van Graaff-Reinet en Cradock verkondig nie – jy mag dalk net onder sensuur kom. Die predikant was ’n man van die grond, het ek ge-dink, dalk ’n boer in sy hart en…