Daar is min twyfel dat William Batterman Ruger, oftewel Bill, een van die invloedrykste wapenontwerpers en -vervaardigers ooit was. Vandag se Sturm, Ruger & Co het ’n beskeie begin gehad toe Bill Ruger en sy vennoot, Alex Sturm, in 1949 vanuit ’n gehuurde pakhuis in Southport, Connecticut, begin werk het.
Die nuwe maatskappy se eerste produk was die Standard, ’n .22 LR-pistool wat gou só gewild geword het dat dit die basis van die onderneming se toekoms gevorm het. Alex Sturm is in 1951 onverwags oorlede, maar Bill Ruger het voortgegaan en een sukses ná die ander behaal. Sedertdien is Sturm, Ruger & Co (kortweg Ruger) die grootste wapenvervaardiger in die VSA met verskeie besigheidsvertakkinge, waaronder presisie-ingenieurswerke en die industriële giet van verskeie metale. Ruger is ook sedert 1969 op…
