PRODUKTOETS As jonggetroude man het ons gereeld my vrou se ouers in Kimberley besoek, waar my stiefskoonpa Pierre, asook my vrou se eie pa, Hennie, geboer het. Op pa Pierre se plaas het die vlakvarke amok gemaak. Alhoewel daar wild op die plaas was, was dit nie ’n wildsplaas nie, maar eerder ’n intensiewe bees-, mielie- en lusernboerdery. My “plaagbeheerwerk” was om die varke, wat groot skade veroorsaak het, se getalle in toom te hou. Die varke het amper weekliks die waterpype, wat noodsaaklike water aan die krippe moes voorsien, stukkend gebyt en die gate wat hulle in die heinings gemaak het, het jakkalse ingelaat wat onder die klein springbokkudde gemaai het. Ten spyte van my beste pogings het die getalle bly groei, al het ek en my swaers in…