Vortex Optics, gesetel in Barneveld, Wisconsin, is sedert die vroeë 2000’s ’n Amerikaanse vervaardiger van optiese toerusting vir jag, skiet, wildbesigtiging, buitelugontspanning, asook wetstoe-passing en die weermag. Vortexprodukte sluit in geweerteleskope, verkykers, opspoorteleskoop (spotting scopes), afstand-meters, rooikolvisiere en ander bykomstighede.
Geweerteleskope begin by die beskeie en bekostigbare Crossfiremodelle, gevolg deur die Diamondback, Venom en meer onlangs die Strike Eagle en Viper tot by die vlagskip-Golden Eagleen Razor-modelle vir ernstiger skietentoesiaste met dikker beursies.
Binne die Viper-reeks-teleskope is daar iets vir elke moontlike toepassing indien jy ’n Vortexfanatikus is. Van klein en kompak vir vinnige skote tot medium en groot vir jag en langafstandskiet, met verstellings in beide MOA (minute of angle) of MRAD (milliradian)-afme-tings, eerste fokuspunt (FFP) of tweede fokuspunt (SFP), asook verligte kruishare in sommige modelle.
In kort beteken…