ONDER DIE KAMEELDORING | UNDER THE CAMEL THORN En net so, poef!, kom ons aan die einde van nog ’n jaar... Die jare snel vinniger verby hoe ouer ’n mens word, dan nie? Die rede daarvoor is eenvoudig met sy wortels diep in wiskunde ge-plant. Dit klink snaaks, maar my skoonpa, Hennie, verduidelik dit só: Wanneer jy vyf jaar oud is, is een jaar ’n vyfde van jou lewe, oftewel 20% – ’n groot deel. Wanneer jy 40 is, is ’n jaar net ’n 40ste van jou lewe, oftewel 2,5% – ’n klein deeltjie wat jou laat voel of die tyd vinniger verbysnel as wat dit moet. Dit is verstaanbaar en gaan oor die persepsie van tyd.
Elke jaar dink ek terug aan al die planne en idees wat ek…
