
Weg! Ry & Sleep July 2015
Die 2013 WegSleep Oordgids bevat besonderhede oor ons lesers se 100 gunstelingoorde. Daar is ‘n bladsy vir elke oord met foto’s, ‘n terreinplan, GPS-punte, aanwysings hoe om daar te kom, kontakbesonderhede en ‘n leser se mening – sodat jy jou vakansie deeglik kan beplan. Ons het sommer ook ‘n paklys en ‘n padkaart met die jongste tolfooi ingesluit sodat jy weet wat om te pak en hoe diep jy jou hand in die sak sal moet steek op die langpad.
