Drie jaar gelede het ek en my vrou, Elaine, besluit om saam met die kinders vakansie te hou. Dit was immers tyd, want ons het 22 jaar laas met ’n woon› wa gekamp.
Terwyl die kinders in die huis was, was kamp aan die orde van die dag, maar ons het die woonwa in 1987 verkoop. My pensioendae het intussen aangebreek en ons het besluit om weer een aan te skaf. Ons het soos van ouds van Orkney af in die pad geval met die woonwa op pad kus toe.
Ons “nuwe” Gypsey 4 moes kers vashou by ons Nissan 2.4 Hardbody, die dubbel› kajuit›petrolmodel, terwyl die kinders, Thys en lendy Campher, en hulle kroos hulle Gypsey Regal met ’n Toyota Hilux 2.5, ook die dubbelkajuit, maar met ’n dieselenjin,…