By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
KONTAK MY BY terena@ideasfactory.co.za instagram.com/terenaleroux Maandagaand sit ons klassie soos gewoonlik om die tafel, slaggereed om in Italiaans te gesels dat dit gons. Maar dié keer is dit effe anders. Ons nuwe onderwyseres uit die noordooste van Italië het daarop aangedring dat ons 'n ‘wys-en-vertel’ doen – elkeen moes iets saambring wat hy of sy in hul vrye tyd doen sodat sy ons 'n bietjie beter kan leer ken. Ek moet dalk wegspring deur te sê dat daar heelwat vrye tyd onder ons is, aangesien die klas hoofsaaklik 60-plussers is wat al afgetree het. Maar dis nie juis belangrik nie, want ek is redelik seker tien of twintig jaar gelede sou die prentjie baie dieselfde gelyk het. ‘n Mens hoor dikwels die uitdrukking ‘as jy iets gedoen wil hê, vra…
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd dat sy en haar man, Wouter, as pasgetroudes hier ingetrek het, het die oorspronklike strooidakhuis klaar 'n ekstra vleuel bygekry vir die klassieke T-vorm. Illze was onmiddellik verlief op die breë houttrapreling in die middel, maar die huis het nie lekker gevloei nie en die badkamers en kombuis het outyds gevoel. Sy het haar ontwerpfinesse gebruik om die twee vleuels in 'n lieflik samehangende eenheid saam te snoer. Die huis het nou 'n ontspanne kontinuïteit wat die hemelhoë plafonne en die pragtige pastorale…
SKANDINAWIES SKOON Hierdie styl word gekenmerk deur 'n minimalistiese voorkoms, wit mure, gewoonlik houtvloere en meubels met skoon lyne. 'n Kombinasie van teksture, kontraste, sagte kleure en balans is belangrik wanneer jy die styl bymekaarsit. In hierdie vertrek sien ons die gebruik van eenvoudige houtmeubels in die onafgewerkte tafel en handgemaakte bankie. Twee staalstoele vorm 'n mooi kontras, en die grof afgewerkte sementvloer pas by die neutrale kleure in die res van die vertrek. 'n Gordyn met verskillende materiaalblokke dien as afskorting. Versier die vertrek verder met houtbykomstighede om by te dra tot die Noorse hygge-gevoel: knus, warm en gesellig. RETRO-ELEGANSIE Die jare 1960 tot middel 1980 val in die retro-dekorstyl, ook soms mideeus-modern genoem. Besonderse aandag is gegee aan ontwerp, soos hier te sien in die wit eetkamertafel met…
SOUT TOEBROODJIEKOEK Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd ♥ 1 ronde ‘potbrood’-tipe brood ♥ 4 groot eiers, hardgekook ♥ 60 ml mayonnaise ♥ 3 sprietuie, dun gesny ♥ 2 houers (230 g elk) mediumvet-roomkaas (by kamertemperatuur) ♥ 45 ml fyngekapte gemarineerde sondroogtamaties ♥ sagte botter, om die brood te smeer ♥ 125 g dun hamskaafsels of gerookte salm ♥ 20 ml fyngesnipperde grasuie ♥ 150 g cheddarkaas, in skyfies gesny ♥ 30 ml Griekse jogurt ♥ 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil (slegs as jy salm gebruik) VIR VERSIERING ♥ 150 g radyse, gewas en netjies gesny…
SKILFERKORSDEEG ‘n Ligte blaardeeg wat gemaak word van deeg wat etlike kere gevou word om delikate, bros lagies te vorm. Dit word gemaak met meel, 'n groot hoeveelheid botter en 'n bietjie water. Die botter word in een groot stuk ingewerk en die deeg gevou en gerol om individuele lagies te vorm wat uitpof wanneer jy dit bak. Die deeg moet verkoel word en rus tussen al die gevou-en-gerol deur – dit is 'n arbeidsintensiewe proses en verg vernuf en spierkrag om te vervolmaak. Gelukkig is skaflike bevrore skilferkorsdeeg geredelik by supermarkte beskikbaar. Skilferkorsdeeg word gebruik vir klassieke resepte soos Deense fyngebak, palmiers (varkore) en om soet of sout terte te bedek. VINNIGE SKILFERKORSDEEG Rough puff is die vinniger weergawe van skilferkorsdeeg. Botter word fyner gekap en by die deeg…
Maak: omtrent 30 koekies Bereidingstyd: 1 uur, plus yskastyd Baktyd: omtrent 15 minute per baksel Oondtemperatuur: 170 ºC ♥ 250 g (270 ml) sagte botter ♥ 140 g (160 ml) strooisuiker ♥ 2 groot eiergele ♥ 5 ml vanielje-ekstrak ♥ 360 g (660 ml) koekmeel 1 Klits die botter en suiker saam tot lig en donsig. Klits die eiergele en vanielje by. Voeg die meel by en roer dit om 'n sagte deeg te vorm. Bedek die deegbol met kleefplastiek en sit dit vir minstens 1 uur in die yskas of tot dit ferm is. Rol die deeg uit tussen twee velle kleefplastiek. 2 STEMPELKOEKIES Gebruik 'n houtstempel om 'n letter of nommer in die deeg af te druk. Gebruik 'n ronde koekiedrukker om 'n sirkel om die afdruk uit…