By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
Ek sien altyd uit na die vakansie. Wie sien nié uit nie? Maar vanjaar nog meer as gewoonlik, want die familie kom Kaap toe. Ons kan heerlik saam om die eetkamertafel kuier, saam strand toe gaan, saam op die promenade gaan stap en saam speletjies speel. Uiteindelik gaan alles oor die woord ‘saam’. Normaalweg is ek nogal ’n gelukkige alleenloper. Ek geniet my eie geselskap en hou myself besig, maar oor die laaste paar jaar word ek al hoe meer bewus van die vreugdes van saamwees. Ek sien dit onder die Italianers in Ceriana wanneer ek daar is en onder my Joodse bure in Seepunt wanneer ek hier is. Hulle doen dinge saam, sing saam, lag saam, staan saam en eet saam. Waar ek aanvanklik ietwat verstom was oor die…
Dit is nie moeilik om te sien waarom hierdie huis in Johannesdal die argitek Henri Comri ’n toekenning van die Kaapse Instituut van Argitektuur in die sak gebring het nie. Die woning met sy witgekalkte mure, groot ruimtes, kaal baksteenwerk, industriële metaal, onbehandelde hout, kalksteen, glas en plafonne van rou beton maak ’n sterk Modernistiese stelling en is inderdaad geïnspireer deur die werk van die Switsers-Franse pionier van moderne argitektuur, Le Corbusier. Terselfdertyd voel dit glad nie uit plek in die landelike gebied of langs die meer tradisionele Kaapse argitektuur waarvoor die area bekend is nie. Die mede-eienaar, Dane Erwee, beskryf dit as ’n kruising tussen ‘modern en plaashuis’ en verduidelik hy en sy lewensmaat, Chris Willemse, het hulle ‘iets wat nestel – ’n moderne buitekant met ’n plaashuis aan…
KRABBELSTOEL Krabbel sit jou op ’n verbeeldingsvlug, maak nuwe idees los en is ’n uitlaatklep vir jou emosies. Dit kan selfs goed wees vir jou geheue omdat velerlei sintuie en dele van jou brein by die aktiwiteit betrek word. Hier het ons materiaalpenne gebruik om met die vrye hand blomme op ’n stuk materiaal te teken, waarna ons dit met ’n warm yster kleurvas gemaak het. Ons het ’n stoel losweg met die versierde lap oorgetrek, maar jy kan dit vir enigiets van ’n kussing tot ’n T-hemp gebruik. KREUKELPAPIER-LAP Gebruik hierdie tegniek om jou eie mooi lap te skep. Ons het dit gebruik om ’n kussing oor te trek. MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: ’n uur of wat JY BENODIG ♥ kreukelpapier (crêpepapier) in helder kleure van jou keuse ♥ katoenmateriaal…
handwerk idees-klasse ❁ Jeldrukwerk is ’n tegniek waarmee pragtige afdrukke sonder ’n drukpers gedoen kan word. Jy kan met vorms en teksture speel en unieke patrone skep deur kleur in lae te druk. Die eindproduk is nie volkome voorspelbaar nie, maar dit is wat dit so lekker maak – en elke stuk is oorspronklik! KLEIN UITSTALLING Versier ’n gewone drukkerslaai deur klein tuisgemaakte jelafdrukke uit te knip en in die onderskeie afskortings vas te plak. Drukkerslaai van sostrenegrene.com. ETIKETTE VIR BOTTELS ’n Lekker maklike projek om mee te begin. JY BENODIG ♥ jeldrukwerkplaat (bv. Gelli Arts, beskikbaar by deckleedge.co.za; ons het twee groottes gebruik: klein 7,6 x 12,7 cm en groot 12,5 x 17,5 cm) ♥ perspeksplaat ♥ akrielverf of linodrukink (ons het geel en pienk gebruik) ♥ rubberroller of handinkrol…
handwerk idees-klasse SKEP DIE PRENTJIE Skep ’n vrolike werktafel met ’n kombinasie van helder kleure en geruite patrone wat die kleingoed sal inspireer om na hartelus te speel. Die idee is om hulle uit te los om self pret te hê, daarom is plastiekhouers wat maklik gewas kan word die beste opsie. Ons het kolwyntjiepapiere, plastiekbakke en deurskynende wegneem-kolwyntjiebokse gebruik as houers vir die handwerkbenodigdhede en verf. Oulike plastiekkratte is ook ’n gawe manier om die voorrade netjies en binne bereik te hou. Lê ’n stuk deurskynende plastiek oor die tafeldoek sodat die kinders kan speel sonder om jou tafeldoek te vlek. GROENTELAAI: DRUKWERK MET VRUGTE EN GROENTE MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: so lank as wat die kinders wil speel! JY BENODIG ♥ ’n verskeidenheid van groente en vrugte ♥ materiaal (ons…
kos & onthaal MAKLIKE BOTTERKOEKIES Vul die koekieblikke met ’n baksel of twee van hierdie heerlike botterkoekies wat letterlik in die mond smelt. Jy hoef nie eens die deeg uit te rol en koekies uit te druk nie – sit eenvoudig die deegworse in die yskas om ferm te word voor jy dit sny en bak. Jy kan die vanieljekoekies met jou gunstelingspesery geur of 10 ml gerasperde suurlemoen- of lemoenskil byvoeg vir ’n vars sitrusgeur. Maak: 50 koekies Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd Baktyd: 10 minute Oondtemperatuur 180 ºC ♥ 220 g (240 ml) botter teen kamertemperatuur ♥ 170 g (195 ml) strooisuiker ♥ 5 ml vanielje-ekstrak ♥ 5 ml fyn kardemom of kaneel (opsioneel) ♥ 285 g (525 ml) koekmeel 1 Klits die botter en strooisuiker saam tot…