“People are strange...” het Jim Morrison ge-sing. En hoe reg was hy nie. Mense se koddighede, veral hul verpakte denke, ver-baas my telkens.
Kyk byvoorbeeld hoe ons oor die laaste paar dekades in materiële zombies verander het. Hoe ons mekaar loop en na-aap in koopkrale waar alles kunsmatig is: die lig, die lug, die fonteine, die plante, die produkte, die waardes, alles. Totaal verwyderd van die realiteit en uit pas met die natuurlike plan van dinge, maar tóg is die winkelsentrums ons tempels. Daar koop ons allerhande goed wat ons nie nodig het nie, net om dit weer weg te gooi wanneer dit uit die mode raak.
Gek eintlik – as mens daaroor dink – dat ons slawehandel afgeskaf het, net om handelslawe te raak.
Maar as jy regtig wil…
