Ek doen soms my bes om optimisties oor dinge te wees. Een ding wat my gereeld optimisties stem, is dat nóg ’n goeie en onontdekte skrywer sy verskyning gaan maak en SA Jagter/Hunter se getroue lesers met puik bydraes gaan vermaak.
Nie te lank terug nie het ek ’n artikel van ’n voornemende nuwe skrywer ontvang. Toe ek egter begin lees, het my moed tot net bokant my voetsole gesak. Die jong dame, wat duidelik nie ’n jagter is nie, het die artikel begin met hoe jagters as ’n reël na knoffel en drank stink, hoe kwes- en misskote skynbaar roe-tine is, en dat diegene wat dinge anders doen in die jagveld, skynbaar yl gesaai is.
Die een punt wat ek vir dié bydrae moes toeken, was dat daar inderdaad…
