GELUK IS HIER NIE SEEPBORRELS
Wene, Oostenryk se hoofstad, is die beste stad ter wêreld om in te woon, volgens die raadgewende firma Mercer se opname oor lewensgehalte.
Dié opname word jaarliks gedoen “sodat multinasionale maatskappye en ander werkgewers hul werknemers billik kan vergoed as hulle internasionale aanstellings kry,” sê die firma. “Veiligheid is veral ’n belangrike faktor wat multinasionale maatskappye moet oorweeg wanneer hulle werkers na die buiteland stuur, want daar is besorgdheid oor persoonlike veiligheid en omdat dit ’n impak het op die koste van internasionale vergoedingsprogramme,” het Mercer in ’n persverklaring gesê.
Volgens ’n beleggingsdokument van die Oostenrykse organisasie “Belê in Oostenryk” verlede jaar, het meer as 300 plaaslike multinasionale maatskappye hul hoofkantoor in Wene, sowel as 40 internasionale maatskappye. Dié organisasies sluit in die Organisasie van…
