as ’n geheime referendum vandag in Egipte gehou moet word, wonder ek hoeveel Egiptenare nog ten gunste sal wees van die uitsetting van pres. Hosni Moebarak, wat in 2011 uit sy amp geboender is, of die land se eerste demokraties verkose president, Mohamed Morsi, wat in 2013 uitgeskop is.
Egiptenare is waarskynlik nog beter as ons met politieke en ekonomiese aktiwiteit wat teen ons boemerang. Die impak kan duidelik gesien word in hul toerismebedryf, ’n belangrike sektor van daardie ekonomie en groot bydraer tot werkverskaffing en buitelandse valuta. Maandelikse besoekers het gedaal van ’n hoogtepunt van 1,5 miljoen in Oktober 2010 tot 440 000 in Desember verlede jaar, volgens Tradingeconomics.com.
En besoekers wat nie reeds afgeskrik is deur die politieke onrus van die twee revolusies nie, dink nou beslis twee…
