south32 is een van die versigtigste gediversifiseerde mynmaatskappye op die Johannesburgse Effektebeurs, veral wat betref die bestuur van sy kontant, wat na verwagting voor sy jaareinde op 30 Junie meer as $1 miljard sal bedra.
Die maatskappy is egter ontwykend oor wat hy beoog om naas sy huidige dividendbeleid, naamlik om ná kapitaalbesteding 40% van sy onderliggende verdienste uit te keer, met sy oortollige kontant te doen.
Ontleders meen ’n aandeleterugkoop is moontlik.
Verlede maand het South32 tussentydse wesensverdienste per aandeel van 11,6 Amerikaanse sent aangekondig, vergeleke met ’n verlies van 6 sent per aandeel in die vorige boekjaar, waarin hy ’n bateverswakking van $1,7 miljard aangeteken het. Vrye kontantvloei het $626 miljoen bedra, wat die netto kontant te staan gebring het op $859 miljoen, waaruit hy die tussentydse dividend…
