“BLY KALM!”
– Die boodskap wat op die paneelbord van die Tesla Roadster van $100 000 gedruk is wat Falcon Heavy, nou die kragtigste werkende vuurpyl, die ruimte in gestuur het. Die Falcon, wat deur Elon Musk se SpaceX gebou is, is op 6 Februarie teen ’n koste van $90 miljoen by Cape Canaveral in Florida gelanseer. As alles goed afloop, sal die rooi Roadster, met sy afslaankap af en David Bowie wat uit die luidsprekers brul, om Mars wentel, berig theguardian.com.
“ ’N KOMBINASIE VAN ’N BORREL, ’N PONZI-SKEMA EN ’N OMGEWINGSRAMP.”
– ’n Beskrywing van bitcoin deur Agustín Carstens, hoofbestuurder van Bank for International Settlements (BIS). Carstens het aan ft.com gesê sentrale banke moet bitcoin vasvat en keer dat kriptogeldeenhede op die rug van hoofstroominstellings ry en ’n…
