“KYK OP NA DIE STERRE, NIE AF NA JOU VOETE NIE.” Stephen Hawking Britse fisikus
– Britse fisikus Stephen Hawking, wat op 14 Maart in die ouderdom van 76 jaar oorlede is, het hierdie raad aan sy drie kinders, Lucy, Robert en Tim, gegee en in 2010 in ’n onderhoud met ABC se Diane Sawyer daaroor gepraat, volgens Time.com. Hawking, wat sy idees oor die ruimte, tyd en die heelal vir die gewone publiek toeganklik gemaak het, het ook gesê: “Werk gee jou betekenis en ’n doel, daarsonder is die lewe leeg.” En: “As jy gelukkig is om liefde te vind, onthou dit is daar en moet dit nie weggooi nie.”
“SOMS GROEI HIERDIE MAATSKAPPYE SO VINNIG EN KRY HULLE SOVEEL GOEIE PUBLISITEIT DAT HULLE VERSOT WORD OP HULSELF, EN…
