“AS ONS MAATSKAPPYE IN OPENBARE BESIT GOED BESTUUR IS, DOELTREFFEND WAS, EN ’N DUIDELIKE ONTWIKKELINGSMANDAAT GEHAD HET, SOU DAAR GEEN PROBLEEM MET DIE OBKBELEGGING GEWEES HET NIE.”
– Ferial Haffaljee, uitvoerende redakteur by HuffPost South Africa, in ’n Twitter-opmerking ná die openbare beswaar wat gevolg het op berigte dat die regering ’n lening van R6 miljard by die Openbare Beleggingskorporasie, wat grootliks namens die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) belê, wil hê om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te red. Die tesourie skarrel om geld te kry om R6,9 miljard se SAL-skuld te betaal wat leners weier om ná 30 September te hernu.
“EK VERKIES BEDRYFSMAATSKAPPYE BO ZOMBIE-AANDELE.”
– Keith McLachlan, portefeuljebestuurder by AlphaWealth, in ’n onderhoud met Business Day nadat die konstruksiemaatskappy Aveng ’n wesensverlies van R6,7 miljard vir die jaar…
