Ons probleme is geensins iets van die verlede nie, maar ons kan begin glo dat die lig aan die einde van die tonnel nie ’n trein is nie. daar was twee belangrike gebeurtenisse op die plaaslike markte vanjaar. Eerstens het ons mark uiteindelik uit sy drie jaar lange sywaartse beweging gebreek toe die Top40 in Augustus 50 000 oortref het, voordat hy verder beweeg het tot meer as 55 000.
Ek het dit verwag, want as ’n mark lank sywaarts beweeg het, is die uitbreek wat volg altyd hoër. Die logika hiervoor is dat ’n sywaartse mark ’n regstelling in tyd is, teenoor ’n regstelling in prys soos ’n ineenstorting. Terwyl die mark sywaarts gaan, styg aandeelverdienste, en waardasies verbeter dus. Vir afsonderlike aandele was dit ’n gemengde jaar, maar…
