baie mense beskou die vrye mark met skeptisisme. Party is openlik vyandig daarteenoor, en sê (verkeerdelik, in die lig van empiriese historiese getuienis), dat kapitalisme arbeid, die omgewing, of die armes benadeel, en dat dit grootliks verantwoordelik is vir die boosheid in die wêreld.
Andere aanvaar teensinnig dat kapitalisme ’n beter stelsel as die alternatiewe is, maar sien neer op diegene in die sakewêreld en beskou hulle as knoeiers en bedrieërs.
Ná die Steinhoff-ineenstorting het baie kommentators, dikwels diegene geskool in die geesteswetenskappe, die onetiese optrede van die “markte”, “sakegemeenskap” of die “korporatiewe sektor” uitgewys. In sy grofste vorm pak hulle die skuld op “vryemarkkapitalisme” of, die grootste belediging van alles, “neo-liberalisme”.
Maar daardie vertolking is gegrond op ’n wesenlike misverstand oor wat “die vrye mark” werklik is.
’n Student…
