’N BIETJIE VROLIKE NUUS
JANA MARAIS, REDAKTEUR VAN FINWEEK, SKRYF:
Suid-Afrika is ná vier jaar van agteruitgang weer onder die wêreld se 50 mededingendste lande, volgens die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) se jongste ranglys – ’n bietjie goeie nuus in ’n tyd waarin byna alle ekonomiese aanwysers in die verkeerde rigting wys.
Dié verslag bied altyd interessante leesstof, al is dit net om te sien hoe ver ons agter lande soos Singapoer, Switserland, die Skaninawiese lande en, in ons portuurgroep, lande soos Chili en Maleisië is. Die verbetering van sewe plekke in vanjaar se opname, wat 140 lande ingesluit het, is grootliks danksy die toename in die gebruik van internetbandwydte en die verbetering van ons posisie op die innovasieranglys.
Laasgenoemde het my verras, veral met die gehalte van ons wiskunde- en…
