suid-Afrika se verwagte groei van 1,5% vir die jaar is nie naby die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se 5%-mikpunt nie. Ons vaar egter beter as Rusland – wat in die eerste helfte van die jaar met meer as 8% ingekrimp het – en Brasilië (6%), sê Lesiba Mothata, hoofekonoom by Investment Solutions.
“Ons is nie in ’n resessie nie, maar daar is vrese dat ons daarheen op pad is,” sê Mothata. Ander bekommernisse is werkloosheid, met ál meer poste wat verlore gaan, en strukturele ekonomiese kwessies soos ongelykheid.
Terwyl die rand vanjaar erg gekarnuffel is, sal die geldeenheid waarskynlik tot vlakke so laag soos R20 teenoor die Amerikaanse dollar moet terugsak om uitvoer ’n volhoubare hupstoot te gee, sê Mothata (sien ook bladsy 42).
Wat uitvloei uit ontluikende markte betref, was…
