die miljardêrbelegger en filantroop Warren Buffett sê graag: “Dis eers wanneer die gety uitgaan dat jy uitvind wie kaal geswem het.”
Wat hy bedoel, is dat dit in goeie tye maklik is om geld te maak, maar dis in die moeilike tye dat besture se ware sakevernuf duidelik word.
Wel, die gety het uitgegaan en daar is baie mense wat haastig skuiling soek. In die Suid-Afrikaanse sakewêreld is Lonmin ’n ooglopende voorbeeld (sien bladsye 13 en 30). Die wêreld se derde grootste platinummynmaatskappy, wat van die rykste platinumafsettings ter wêreld het, vra die derde keer in net ses jaar redding deur aandeelhouers. Ja, lae platinumpryse speel ’n rol, maar hoeveel van sy probleme – arbeid, hoëkoste-skagte, swartbemagtigingsgraderings – is in werklikheid die gevolg van swak bestuur deur die jare?
Hier…
