Die Ierse dramaturg George Bernard Shaw het per geleentheid gesê “jong mense waardeer nie hul jeug nie”, maar wat minder bekend is, is die res van die sin: “ . . . en ou mense waardeer nie wysheid nie”. Of De Beers se uitvoerende hoof, Bruce Cleaver, die wysheid het om die diamantkoopbehoeftes van vandag se jonger geslag te verstaan, is ’n ope vraag, maar dit is iets wat sy aandag, sowel as dié van die diamantsektor in die geheel, geniet.
Cleaver sê in De Beers se gepubliseerde Diamond Insight Report vir 2018 die voorspelling van die houding van generasie Y (gebore tussen 1981 en 2000) en generasie Z (gebore ná 1996) teenoor die koop van diamante is een van die belangrike vrae vir die behoud van die rykdom van…
