selfs Adam Smith, die vader van ekonomie, het geglo ’n sterk staat is ’n noodsaaklike, indien nie genoegsame nie, voorvereiste vir ’n groeiende ekonomie. Soos Smith geskryf het, die staat moet “geregtigheid toepas, private eiendomsreg afdwing en die nasie teen aggressie beskerm”.
Baie mense hou hier op om Smith te lees en glo dat hy ’n voorstander van beperkte regering is. Dit is nie heeltemal regverdig nie. Soos wat Jacob Viner reeds in 1927 aangedui het, sluit An Inquiry into the Nature and Causes of the Wealth of Nations ook verwysings in na die staat se verpligting om finansiële markte te reguleer, die jeug op te voed, tydelike monopolieë op patente te beskerm, en “om sekere openbare werke en openbare instellings op te rig en te onderhou wat ten doel…
