“EK WEET NIE OF DAAR ENIGE BEWEEG- RUIMTE IS OM NOG IETS TE DOEN NIE.” Evan Walker, portefeuljebestuurder by 36ONE Asset Management, oor die vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse klerekleinhandelaars. Walker het met finweek-bydraer, Marcia Klein, gepraat en gesê: “Die sektorverdienste bereik al jare lank niks nie, nes die kleinhandelsindeks, en ek weet nie of dit oor die volgende vyf jaar hoegenaamd beter gaan wees nie.” Lees ons voorbladartikel oor meer oor beleggings in dié sektor op bladsy 35.
“DIT IS NIE NODIG OM JAMES BOND, ’N SUPER INTELLIGENSIE-AGENT, TE WEES OM TE WEET DAT RUSLAND PLANNE VIR DIE HELE KUS HET NIE.” Die Oekraïnse minister van buitelandse sake, Pawlo Klimkin, in ’n artikel op ft.com nadat Russiese magte beslag gelê het op drie Oekraïnse vlootvaartuie en hul bemannings in die Swartsee…
