Wat is die beste manier om iemand wat armoedig is, te help? ’n Stewige aalmoes? ’n Werk? Of iets heel anders? Dit is wat ontwikkelingsekonome wil weet. Ook nie net ontwikkelingsekonome nie: Politici sê dikwels hulle wil beleid instel wat die armes bevoordeel. Maar watter beleidsmaatreëls sal waarskynlik die grootste invloed hê?
’n Belangrike denkskool het die afgelope dekade met ’n eenvoudige antwoord vorendag gekom: gee mense meer kontant. Individue weet wat vir hulle die beste is, lui dié argument, en sou hulle ’n bedrag geld ontvang, sal hulle hul lewe na goeddunke kan verbeter.
Party belê dit miskien in hul kinders se opvoeding (virtalle in die ontwikkelende wêreld ’n soort pensioenfonds), ander begin dalk ’n besigheid, betaal skuld af, koop ’n huis, of koop kos met meer voedingswaarde (om…
