reg Demana, uitvoerende hoof van Wescoal Holdings, kan doen met ’n bietjie feestelikheid dié Kersgety. Nadat Demana, ’n voormalige hulpbronbankier by NedbankCapital, in Februarie die leisels byWescoal oorgeneem het, het hy ’n onstuimige tyd beleef, aanvanklik met ’n daling in die dollarprys van termiese steenkool, wat jaar-op-jaar met 37% geval het.
Daarwas ookontwrigting vóórdie verkiesing in myndorpe in Mpumalanga wat steeds voorkom (sien kassie). In April het gewelddadige protesoptredegelei tot ’n weeklange staking by die Vanggatfontein-steenkoolmyn, Wescoal se vlagskipmyn.
’n Noodlottige ongeluk by Vanggatfontein het die staantyd verleng, terwyl ’n ondersoek deur die staat gedoen is. Produksie van ’n ander myn in Mpumalanga, Elandspruit, is ookontwrig nadat ’n kontrakteurwerk gestaak het en gesê het hy maak nie geld met die ondergrondse myn nie. Al dié probleme het plaasgevind voordat Demana…
