Ek is seker ek is nie alleen nie as ek sê dat die jaar 2020 almal van ons deur die wasmasjien gesit het. Dit was ’n jaar gevul met frustrasie, teëspoed, hartseer en onsekerheid, en derhalwe ’n jaar om te onthou om al die verkeerde redes. Met die onlangse inperkings, wat in die lig van die skerp toename in Covid19-infeksies weer gedurende Desember 2020 ingestel is, moes ek wonder wat 2021 vir ons gaan inhou, maar daar is nog baie water wat in die see moet loop voor ons ’n oordeel oor die nuwe jaar kan vel.
Ten spyte van terugslae en moeilike omstandighede, blyk die jag- en skietbedrywe in Suid-Afrika op ’n gesonde grondslag te wees. Wapenhandelaars se grootste klagte is dat hulle sukkel om genoeg voorraad in te…
