KOMPETISIE
SAJWV-KALAHARI-JAGKOMPETISIE!
Kaartjieverkope sluit 3 Mei 2024!!!
As jy nog nie jou kaartjies gekoop het vir die biltong-jag waarvan drome gemaak word nie, is dit nou die tyd! Die jag vind plaas van 22 tot 26 Mei 2024 op 34 000 hektaar in die rooiduine van die Kalahari se hart, suid van Askham en Van Zylsrus.
Die wenner kan drie vriende saamneem en elkeen kan ’n gemsbokbul en vier springbokramme jag. Die wenner en sy/haar maats kan stapjag, bakkiejag of beide. Die prys sluit R10 000 se brandstof in, die af-slag van die bokke, die jagvoertuig, die dagtariewe en fooitjies aan personeel, asook R5 000 in kontant sodat die jagspan hulself kan trakteer op die beste biefstuk en iets te drinke. Alle koste word dus gedek. Ons gooi ook vir…
