‘nPlaaslik ontwikkelde app wat gebruikers in staat stel om anamorfiese 3D-illusies te skep is as een van twee streekswenners aangewys in die Get In The Ring Entrepreneurship Challenge vir Suider- en Sentraal-Afrika. Die ontwerper van die app, James Sands, neem in Maart in Colombia aan die finale fase van die internasionale wedstryd deel.
Die app, iMORPH3D, is ’n selfoon-app wat die gebruiker in staat stel om die illusie van 3D te skep, baie soos wat 3D-straatkunstenaars ontwerp. Dis in 2015 bekend gestel en is wêreldwyd beskikbaar, met verkope in Suid-Afrika, Rusland, Europa, Australië en Amerika. Volgens Sands het sy deelname aan die wedstryd gesorg dat iMORPH3D groter blootstelling en beter toegang tot moontlike aanhangers en beleggers kry, plaaslik sowel as oorsee.
As ’n kunsdirekteur in die reklamebedryf die afgelope 20…
