teen die tyd dat jy hier lees, sal ons weet of die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, en sy medelede in die monetêrebeleidskomitee (MBK) rentekoerse met 0,25 of 0,5 persentasiepunte opgestoot het.
Die openbare stryd tussen die minister van finansies, Pravin Gordhan, en die direktoraat vir die ondersoek van prioriteitsmisdade (die Valke), beteken dat dit op die oomblik selfs moeiliker is om sake te bepaal aangesien ’n verklaring te eniger tyd gedoen kan word wat die rand kan raak (soos ons op 15 Maart ervaar het).
Dié verklaring het daartoe bygedra dat die rand die eerste keer vandeesmaand deur die R16-vlak teenoor die dollar gebars het. Dit het Razia Khan, Standard Chartered se hoofekonoom vir Afrika, genoop om haar voorspelling te hersien dat die MBK rentekoerse vandeesmaand onveranderd gaan…
