“AS DINGE VERKEERD LOOP, KAN DIT DIE BEGIN VAN ’N LANG AFNAME IN DOLLARHEERSKAPPY WEES, EN VAN VINNIGE RENTEKOERS- EN INFLASIESTYGINGS, EN VAN INTERNASIONALE ANGS.”
– Seth A. Klarman, waardebelegger en stigter van die Baupost Group, wat $30 miljard bestuur, waarsku kliënte oor belegging in die era van Amerika se president Donald Trump. Hoewel aandeelpryse herstel het ná Trump se oorwinning, waarsku Klarman oor “gevaarlik hoë waardasies”. Hy sê beleggers fokus op die potensiële voordele van belastingverlagings om die ekonomie te stimuleer, maar ignoreer die risiko’s van Amerikaanse proteksionisme en die oprigting van nuwe handelsversperrings, berig nytimes.com.
“ONS HET ’N BEDRYF [IN SUIDAFRIKA] WAT AL 20 JAAR LANK KRIMP. AS ONS DIE AGTERUITGANG WIL STOPSIT, HET ONS ’N DOKUMENT EN ’N RAAMWERK NODIG WAT BELEGGING AANMOEDIG.”
– Mark Cutifani, uitvoerende…
