“TENSY ONS LEIERSKAP EN BESTUUR REGKRY, GAAN ONS NIE AFRIKA SE EKONOMIE REGRUK NIE.”
− Olusegun Obasanjo, voormalige Nigeriese president, wat by Gibs in Johannesburg gepraat het oor Making Africa Work, ’n boek wat onlangs vrygestel is en waarvan hy die medeskrywer is.
“Hierdie transaksie was merkwaardig in sy uitvoering. Met verloop van tyd gaan dissipline waarskynlik wegkwyn. Bykans elke land wil hê sy produksie moet styg.”
− Michael Barry, direkteur van navorsing by die konsultantfirma FGE in Londen, aan ft.com oor die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) se ooreenkoms om produksie in te kort. Opul en sy elf nie-lidvennote het verlede jaar ooreengekom om produksie vir ses maande te vermireik, het ft.com berig.
“TEN BESTE IS DIE PERS BESIG OM OLIFANTE VAN MUGGIES TE MAAK, EN DIE VOORTSLEPENDE SKANDALE IN…
