miljoene Suid-Afrikaanse werksoekers, wat gebuk gaan onder die swaar las van een van die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld, wonder sekerlik hoe ’n krimpende ekonomie soos ons s’n werksgeleenthede gaan lewer wat hulle in staat sal stel om vir hul gesinne van kos te voorsien.
Ná groei van 3,1% in die derde kwartaal van 2017 het die ekonomie die grootste inkrimping in nege jaar getoon deur in die eerste kwartaal van 2018 onverwags met 2,2% te krimp, afgetrek deur beduidende afnames in mynbou, vervaardiging, landbou en konstruksie.
Die afname in die land se ekonomiese prestasie voorspel niks goeds nie vir dié wat immer ontwykende werksgeleenthede nastreef, of entrepreneurs wat hul ondernemings wil uitbrei nie. Erger nog, is dat ons ekonomie vasgevang is in wat ekonome ’n “valstrik van lae groei” noem.…
