’n Verslag deur Mint, ’n finansiële dagblad in Indië, haal twee naamlose bronne aan wat sê ’n besluit deur Volcan Investments om die aandele te koop wat hy nie reeds in Vedanta, ’n mynbougroep wat in die Verenigde Koninkryk genoteer is, besit nie, is die eerste stap in ’n driestapplan om Suid-Afrikaanse bates uit Anglo American te onttrek.
Volcan is die familie-onderneming van Anil Agarwal, die stigter en voorsitter van Vedanta, wat verlede jaar sy stemreg in Anglo American tot net meer as 19% verhoog het. Aangesien die stemreg ontstaan uit aandele wat by Anglo-aandeelhouers geleen is, glo niemand Agarwal se amptelike verduideliking dat sy belangstelling in Anglo suiwer vir beleggingsdoeleindes is nie.
Vandaar die neiging om Mint te glo as hy sê dat, sodra Vedanta gekoop en in Londen…