KRISIS IN SIRIË
$738 M
Die minimum bedrag (R9,9 miljard) wat die Wêreldvoedselprogram benodig om die res van die jaar kos aan 5 miljoen mense in Sirië te verskaf. Sedert die konflik in Sirië in 2011 begin het, is 250 000 mense dood en die helfte van die bevolking het gevlug, met 7,6 miljoen ontheemde mense in die land en 4 miljoen wat oorgrens gevlug het, berug theguardian.com.
BIERTRANSAKSIE BORREL
$250 MILJARD
Anheuser-Busch Inbev, die wêreld se grootste brouer, wat Budweiser en Stella Artois besit en waarvan die hoofkantoor in België is, het SABMiller, met handelsmerke soos Peroni, Castle en Grolsch, in kennis gestel dat hy ’n oorname wil doen, wat albei se aandeelprys op 16 September skerp laat styg het. ’n Formele aanbod is nog nie gedoen nie, maar…
