BESTUURSVERGOEDING
R50,1 m.
Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), Shoprite se grootste aandeelhouer, het teen die vergoedingspakket van R50,1 miljoen gestem wat aan Whitey Basson, uitvoerende hoof van Shoprite, toegestaan is omdat dit grootliks ’n vaste betaling eerder as op prestasie gegrond is, berig Bloomberg. Die stem is nie bindend nie. Shoprite se aandeelprys het op 19 Oktober met meer as 6% gedaal nadat die groep ’n omsetstyging van 6,7% in die drie maande tot September verklaar het, teenoor ’n styging van 12,3% verlede jaar. Hy het gewaarsku dat sy Suid-Afrikaanse klantebasis druk ondervind weens posbesnoeiings in die mynboubedryf, stygende elektrisiteitskoste, algemene arbeidsonstabiliteit en ’n gebrek aan werkskepping, berig Business Day.
BUITELANDERS ONTTREK
$1,7 mjd.
Suid-Afrika het die afgelope jaar ’n uitvloei van altesame $1,7 miljard beleef, hoofsaaklik aangedryf deur buitelanders wat…
