“DIT IS ’N DONKER WOLK SONDER ’N SILWER RANDJIE. EN DIT IS NIE ’N REËNWOLK NIE.”
– Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral Foods, oor die impak wat die heersende El Niñotoestande op die landbousektor het. Weens die droogte sal Suid-Afrika na raming dié seisoen 770 000 ton mielies moet invoer, wat teen die heersende pryse sowat R2,2 miljard sal kos, sê Agri SA. Dit sal Suid-Afrika vir die eerste keer in sewe jaar ’n netto invoerder van mielies maak (sien ook bladsy 29).
“Dit neem sowat ses tot nege maande voordat monetêre beleid die ekonomie bereik, so ek dink as die Fed in Desember iets doen, is dit nie noodwendig te laat nie, maar as hulle die blikkie net nog ’n ent aanskop, kan dit hulle ’n effense agterstand…
