“WAT OOK AL DIE BEDRAG, AS DIE REGERING DIÉ GELD GEHAD HET, EN EK WEET HULLE HET DIT NIE, SOU HULLE DIT SPANDEER OM DIE RESERWEBANK TE KOOP, OF GEBRUIK OM DIE ELEKTRISITEITSKRISIS OP TE LOS, DIT AAN DIE ONDERWYS BESTEE, OF ’N NUWE HOSPITAAL OF ’N KLINIEK BOU?” − Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), soos aangehaal in ’n onderhoud met Business Day by die jaarlikse vergadering van die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland. Oor die afgelope maande was daar heelwat bespreking oor die onafhanklikheid, mandaat en aandeelhouding van die SARB. Kganyago het gesê: “Afhangend van die waardasies wat gebruik word, kan die nasionalisering van die bank enigiets tussen R20 miljoen en R100 miljard kos.”
“HOU NET OP OM OOR FILANTROPIE TE PRAAT EN BEGIN OM…
