tot dusver was die omvang van staatskaping by staatsbeheerde vervoermaatskappyTransnet grootliks onopgemerk. Dit is ’n feit waarvan sy waarnemende uitvoerende hoof, Tau Morwe, ’n veteraan van die organisasie, wat al meer as 17 jaar lank in verskillende hoedanighede byTransnet gewerk het, heel bewus is.
“Toe ons onlangs met uitleners vergader het, wou hulle by ons weet hoe sleg dinge by Eskom is,” het hy verlede maand tydens ’n mediakonferensie gesê.
Die gevoel is dat, ongeag wat tydens Transnetvoorsitter Popo Molefe se getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek geopenbaar word, dit nie slegter kan wees as die korrupsie wat by Eskom ontbloot word nie.
Maar staatskaping is net soveel ’n werklikheid by Transnet as by Eskom. Voormalige uitvoerende hoofde byTransnet sowel as bestuurders van verskillende afdelings word daarvan beskuldig dat hulle…
