Trail Guide South Africa
Hierdie veldroetegids is maklik beskikbaar en is geskik vir enigiemand wat tydens die vakansie op van Suid-Afrika se mooiste roetes wil gaan stap, draf of fietsry. Gebruikers kan roetes kies volgens lengte, duur, moeilikheidsgraad of natuurskoon. Gebruikers kan ook blyplekke, restaurante en toerustingswinkels soek. Kenmerke sluit in ’n oorsig van die roete, afstand en rigtingaanwysings van jou huidige ligging na die begin van die roete, ander nabygeleë roetes, GPS-besonderhede van roetes en geriewe op die roete. Gebruikers kan ook interessanthede naslaan, sowel as koste, kontakbesonderhede vir noodgevalle, toerusting en ’n weervoorspelling vir drie dae vir ’n spesifieke roete.
TripIt: Roetebeplanner
TripIt laat gebruikers toe om hul reisplanne van een plek te organiseer. Gebruikers stuur al die e-pos met bevestiging van hul reisplanne (hotel, vliegtuigkaartjies, motorhuur, restaurante)…
